2011-01-07: Vuurwapens: 'Dit is verwarrend, sinloos'

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2011-01-07: Vuurwapens: 'Dit is verwarrend, sinloos'

Postby GOSA » Fri, 2011-01-07 16:45

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/V ... s-20110106


Vuurwapens: ‘Dit is verwarrend, sinloos’
2011-01-06 22:52

Jeanne-Marié Versluis en Gerhard Pretorius

’n Hofsaak dreig oor die regering se wysigings aan die Wysigingswet op Vuurwapenbeheer omdat dít “swak opgestel, verwarrend, sinloos en onverstaanbaar” is.

Mnr. Martin Hood, prokureur van die Suid-Afrikaanse Vuurwapeneienaarsvereniging (Saga), het gister gesê die veranderings aan die wet skep byvoorbeeld “’n nuwe klas van misdadigers”.

Hy het gesê sowat 40 000 voorlaaier-rewolwers (’n soort swartkruit-rewolwer) “is daarbuite” en is nou uitgesluit van die definisie van voorlaaierwapens (waarvoor eienaars nie lisensies nodig het nie).

Eienaars het dus nou ’n lisensie nodig vir dié soort rewolwers. Van 10 Januarie is hulle dus onwettig in besit daarvan, sê Hood.

Genl. Bheki Cele, polisiehoof, het gister op ’n mediakonferensie in Pretoria oor die wysigingswet gesê eienaars van voorlaaierwapens moet binne ’n jaar van 10 Januarie af by die naaste polisiekantoor aansoek doen om bevoegdheidsertifikate.

Die besit van ’n voorlaaierwapen sal wettig bly van die indiening tot die afhandeling van dié aansoeke, het hy gesê.

As eienaars nie aansoek doen nie, sal hulle tot 15 jaar tronkstraf kan kry.

Genl.maj. Philip Jacobs, regsondersteuningshoof van die polisie se misdaadoperasies, het gister gesê daar was geen regulasies oor voorlaaierwapens wat in- en uitgevoer is nie. Met die bevoegdheidsertifikate wil die polisie bepaal hoeveel van dié wapens in die land is.

Cele het gesê die geldigheidstydperke van lisensies en permitte is aangepas: Vir ondernemings in die jagbedryf is die geldigheid van lisensies van vyf tot tien jaar verleng; vir ander ondernemings (soos die veiligheidsbedryf) is dit van twee tot vyf jaar verleng.

Kapt. Dennis Adriao, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die kategorie vir ondernemings in die jagbedryf sluit nou wildboere in vir wie nie voorheen voorsiening gemaak is nie.

Hood het gister gesê Saga praat met ander organisasies in die vuurwapenbedryf oor ’n hofgeding teen die regering.

Hy het gesê die bedryf het die regering reeds in 2007 gewaarsku dat die wysigings geen sin het nie, meer probleme as oplossings gaan skep en ondeurdag afgerammel is.

“Hulle (die regering) het die waarskuwings geïgnoreer.”

Volgens Hood skep die wysigingswet “massiewe verwarring”.

Die uiteinde sal wees dat talle mense daardeur “gekriminaliseer” sal word.

Adriao het gesê versamelaars het hul kommer oor die wysigings vir swartkruit-rewolwers onder die polisie se aandag gebring.

“Dié kwessie kry aandag en ’n aankondiging sal daaroor gedoen word. Daar is geen plan om enigiemand onnodig te kriminaliseer nie.”

Mnr. Peter Butland, uitvoerende komiteelid van die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa), het gesê Phasa verwelkom “enige verbetering” in die geldigheidstydperk van lisensies omdat sy lede vuurwapens gebruik om hul beroep te beoefen.


Agterstand

Die polisie het ’n spesiale taakspan aangestel om die vuurwapenregistrasiekantoor se agterstand te takel. Die agterstand sien só daar uit:

* 41% is bevoegdheidsaansoeke;
* 26% is individuele lisensies;
* 36% sakelisensie-aansoeke; en
* 51% van sakehernuwingsaansoeke gefinaliseer.
* Agt kolonels, 18 luitenant-kolonels en agt kapteins ekstra is na die vuurwapenregistrasiekantoor gestuur om die agterstand te takel.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1576
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron